NOORD-KAAP. – ‘n Pa (30) is Woensdag tot 10 jaar deur die Galeshewe-streekshof tronk toe gestuur nadat hy sy stiefseun, ‘n peuter (2), op Sondag 22 Mei 2022 mishandel het.
Sers. Molefi Shemane sê polisiebestuur in die Noord-Kaap het die vonnis verwelkom.
Die stiefpa het die peuter oor ‘n tydperk met ‘n elektriese koord oor sy liggaam geslaan. Die slagoffer is vir ‘n mediese ondersoek na ‘n dokter geneem wat die erns van sy beserings bevestig het. Die stiefpa is hierna in hegtenis geneem.
Speur.sers. Oageng Moilwa van Galeshewe-GKS is vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.





