Stiefpa wat stiefdogter (7) verkrag kry 25 jaar tronkstraf

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – ‘n Stiefpa (39) is Maandag vir die verkragting van sy stiefdogter (7) in die Potchefstroom-streekshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Kol. Adéle Myburgh sê die meisie het op Saterdag 18 Mei 2023 tydens ‘n siekbed aan ‘n besorgde buurvrou in Ikageng in die Greenfield-uitbreiding vertel dat sy herhaaldelik deur haar stiefpa verkrag is. Die buurvrou het dit dadelik aan die polisie gerapporteer. Sy het ook die polisie na die dogter se huis en die dogter na Thuthuzela Care Centre vergesel.

Die stiefpa is vier dae later in hegtenis geneem en borg is nooit deur die hof aan hom toegestaan nie. Hy is Maandag gevonnis en sy naam sal ook in die nasionale register vir seksuele oortreders aaangebring word. Voorts is hy onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die ondersoekbeampte, sers. Cecilia Batantse van die Potchefstroom-GKS, is vir die suksesvolle afhandeling van die saak en die vonnisoplegging geprys.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief