Stilfontein-dodetal styg tot 78

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Vanaf Maandag tot Woensdag is ‘n totaal van 246 lewendige onwettige myners by Stilfontein in ‘n reddingsoperasie na bogronds gebring. In dieselfde tydperk is 78 myners dood verklaar.

Brig. Athlenda Mathe sê op dag drie (Woensdag) is 78 persone na bogronds gebring en nog 18 dood verklaar. Die 246 lewende persone wat gearresteer is, is van Mosambiek, Lesotho, Zimbabwië en Suid-Afrika.

Mathe sê volgens vrywilligers is daar nie meer onwettige myners ondergronds vasgekeer nie, maar dit moet deur die polisie bevestig word. Die bevestiging sal met behulp van die toerusting van die mynreddingsdiens gedoen word. Die hyser sal weer vanoggend (Donderdag) ondergronds laat sak word om te kyk of nog onwettige myners ondergronds is.

“Dit kan hopelik vir ons ‘n prentjie gee van wat ondergronds gebeur. Ons kan nie in hierdie stadium met sekerheid sê dat die operasie voltooi is nie. Ons sal weer ‘n opdatering op die terrein verskaf.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief