Brekende Nuus
Afrikaans

Stormsterk wind vir Kouga voorspel

Verskeie voorsorgmaatreëls is vir inwoners aanbeveel.

Stormsterk-wind vir Kouga voorspel. Foto ter illustrasie: Canva
Stormsterk-wind vir Kouga voorspel. Foto ter illustrasie: Canva

KOUGA, OOS-KAAP. – Die Kouga-munisipaliteit het inwoners oor komende sterk winde gewaarsku. Volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens gaan stormsterk winde die area tref.

Verskeie voorsorgmaatreëls is vir inwoners aanbeveel. Hulle word gewaarsku om enige los voorwerpe soos lere, vullisdromme of gereedskap te beveilig sodat dit nie vensters of glas beskadig nie. Die munisipaliteit het inwoners ook aangeraai om seker te maak alle deure, ingange en vensters word deeglik toegemaak.

Hulle adviseer inwoners om motors onderdak of in motorhuise te parkeer. ’n Waarskuwing teen buitevure is ook gemaak.

Bronne: SAWS, Kouga Munisipaliteit