Student ernstig beseer toe in stilstaande motor vasgery word

Lees ook :

Foto: Akademia

GAUTENG. – Joshua van der Merwe (18), ‘n eerstejaar Fontie van Akademia in Pretoria, het ernstige spinale beserings opgedoen toe die stilstaande voertuig waarin hy was, glo deur die voertuig van ‘n beweerde dronkbestuurder getref is.

Akademia, ‘n privaat hoëronderwysinstelling, sê op sosiale meda dié gemeenskap dra vir Joshua, sy familie en vriende in gebed op. Die ongeluk het vroeër in April gebeur en skarebefondsing is intussen begin om vir Joshua te ondersteun.

Brandt van der Merwe sê op die BackaBuddy-profiel alles het in een oomblik verander. Joshua se blink toekoms is oombliklik deur ‘n beweerde dronkbestuurder en sy passasier onderbreek toe hulle binne-in die stilstaande voertuig vasgery het. Al wat Joshua se ouers wil hê, is om hom weer te help loop, aangesien hy as gevolg van die spinale beserings nie sy arms en bene kan beweeg nie. Volgens sy pa het hy ‘n noodoperasie ondergaan en kan hy daarna sy linkerarm beweeg.

“Sedert daardie hartverskeurende nag is Joshua in die hospitaal en veg moedig vir sy lewe en sy toekoms. Hierdie klein teken van vordering gee ons hoop dat hy met die regte mediese sorg, terapie en onwrikbare vasberadenheid sy volle liggaamsfunksie kan herwin en die lewe kan leef wat hy verdien.”

Brandt beskryf sy seun as nie net ‘n slagoffer van ‘n tragedie nie, maar ‘n vegter, ‘n seun, ‘n broer en ‘n vriend wat nog altyd vir ander daar was. En hy vra daarom dat almal nou ook vir sy seun daar moet wees.

“Sy reis vorentoe sal gevul wees met uitdagings, maar met liefde, geloof en ondersteuning glo ons dat hy sal oorwin. Ons vra u hulp. Die koste van mediese behandelings, rehabilitasie en aangepaste toerusting is oorweldigend, maar elke skenking – ongeag die grootte – sal Joshua ‘n stap nader aan herstel bring. As jy nie kan skenk nie, hou hom asseblief in jou gebede, deel sy storie en stuur woorde van bemoediging. Elke daad van vriendelikheid maak ‘n verskil.”

Brandt sluit af en sê Joshua inspireer almal en vra almal om hom te help om weer te kan loop.

https://www.backabuddy.co.za/…/joshua-van-der-merwe…

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief