Suid-Afrika kry volgende jaar ‘n nuwe skoolsertifikaat

Lees ook :

Suid-Afrika kry volgende jaar ‘n nuwe skoolsertifikaat
Suid-Afrika kry volgende jaar ‘n nuwe skoolsertifikaat fotokrediet: Canva

Lees ook: Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het aangekondig daar sal volgende jaar ‘n nuwe skoolsertifikaat vir leerlinge in graad 9 bekendgestel word.

Die General Education Certificate se doel is om die leerders “te voorsien van meer geleenthede om hulle vaardighede te wys.”

Motshekga het gesê: “Dit sal hulle beter voorberei vir verdere opvoeding, opleiding en die wêreld van werk”.

Die departement van onderwys het gesê dit is nie ‘n pas vir leerlinge om die skool mee te kan verlaat nie, maar is iets om leerlinge te help besluite neem.

Dit is veral gemik op leerlinge wat meer tegniese opleiding wil hê en ambagte wil leer eerder as om op universiteite te fokus.

Bronne: BusinessTech, BNN Breaking, SA People

Lees ook: Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App