Suid-Afrika se Engelse aksent 12de vriendelikste op ranglys

Lees ook :

Suid-Afrika se Engelse aksent is die 12de vriendelikste volgens opname. Foto ter illustrasie: Canva

’n Opname wat wêreldwyd oor aksente gedoen is, het Suid-Afrika 12de op die ranglys van vriendelikste Engelse aksente geplaas.

Volgens ’n opname deur die aanlyn casino-maatskappy, MinimumDepositCasionos.org het Amerikaners die grootste kans om as vriendelik bestempel te word. Een uit vyf mense het gestem dat hulle aksent “mooi” klink.

Suid-Afrikaners se aksent het na die twaalfde posisie geval nadat hulle in 2019 tweede plek behaal het. Slegs een uit elke honderd deelnemers het Suid-Afrikaners se Engelse aksent as “mooi” beskou.

Brittanje het tweede gekom met een uit elke sewe stemme. Australië het ’n derde plek behaal met een uit elke tien stemme.

Die opname het ook bevind dat ses uit elke tien mense glo hulle word volgens hulle aksent beoordeel.

Bronne: IOL, Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief