Suid-Afrikaanse lugdiens-vlieënier na 20 jaar uitgevang sonder lisensie vlieg

Lees ook :

William Chandler, ‘n vlieënier by die Suid Afrikaanse Lugdiens (SAA),word ondersoek vir bedrog nadat dit aan die lig gekom het dat hy vir meer as 20 jaar sonder lisensie gevlieg het.

The Mirror het berig die ontdekking is gemaak nadat Chandler wisselvallig oor die Switserse lugruim gevlieg het.

Mail & Guardian het berig die insident het tydens vlug SA206 vanaf OR Tambo na Frankfurt in Duitsland in November 2018 plaasgevind.

Twee bronne het aan Mail & Guardian bevestig Chandler was ‘n medevlieënier, maar het tydens die vlug beheer van die vliegtuig oorgeneem.

Die SAA het intussen die vlieënier se klaring teruggetrek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief