Lees ook: Lugmagsoldaat steek homself aan die brand buite Israeliese ambassade
ALASKA, VSA. – ‘n Suid-Afrikaanse man (52) is skuldig bevind aan die moord op twee vrouens in Alaska, VSA.
Brian Steven Smith is in hegtenis geneem na ‘n sekswerker in 2019 sy foon uit sy trok gesteel het. Sy het glo grusame beeldmateriaal opdie foon ontdek van Smith wat een van die moorde afgeneem het.
Die vrou het ‘n kopie van die beeldmateriaal gemaak en dit na die polisie geneem.
Albei slagoffers was hawelose vrouens wat tussen 2018 en 2019 vermoor is. Hulle name was Kathleen Henry en Veronica Abouchuk.
Henry se dood is op die beeldmateriaal vasgevang na hy haar glo gemartel het. Abouchuk is doodgeskiet na sy glo geweier het om te stort na Smith haar opgelaai het.
Smith sal in Julie gevonnis word. Hy kan tot 99 jaar tronkstraf op 14 aanklagtes, insluitend seksuele aanranding en moord, opgelê word.
Bronne: IOL, The Citizen, The Independent
Lees ook: Lugmagsoldaat steek homself aan die brand buite Israeliese ambassade





