Lees ook: Gayton McKenzie stop befondsing vir ‘superfans’
Die sogenaamde “superaanhangers” (superfans) van Suid-Afrika wil ‘n vergadering met die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, hê na hy gesê het sy departement gaan nie meer befondsing aan superaanhangers gee om na internasionale sportbyeenkomste te reis nie.
Die president van die sokkerondersteunersklub Sanaso, Saddam Maake, een van die “superaanhangers” het die vergadering versoek ná McKenzie se aankondiging.
Hy het gesê hy gaan nie McKenzie se aankondiging ernstig opneem nie omdat hulle organisasie nie amptelik in kennis gestel is nie.
Maake het gesê hulle wil met McKenzie vergader om die toekoms te bespreek.
Bronne: IOL, The Africa, Jacaranda FM