Susters glo deur broer verwurg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Susters, onderskeidelik 10 en 12 jaar oud, is glo op Kersaand in die Cliffdale-gebied doodgemaak.

Kol. Robert Netshiunda bevestig aan Nuusflits Hammersdale-polisie het ‘n 18-jarige verdagte vir die twee susters se dood in hegtenis geneem. ‘n Moordklag is deur die polisie ontvang. Op die misdaadtoneel het polisielede die liggame van die twee susters in hul ouer broer se kamer aangetref. Beide het kneusmerke aan hulle nekke gehad.

Op Kersaand het die verdagte glo na sy ma se huis gegaan en tyd saam met haar en sy susters deurgebring. Hy het na bewering ‘n gedokterde drankie vir sy ma aangebied sodat sy moes slaap, waarna hy sy susters na ‘n nabygeleë huis geneem het waar hy hulle verwurg het.

Die motief vir die moorde is onbekend, maar Netshiunda bevestig die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Women For Change sê die man het glo die meisies gewurg en in ‘n wasbak verdrink. Die verdagte sal Maandag in die Hammarsdale-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief