Swaai tragedie: Zoë van ventilator af

Lees ook :

Zoë, wat al ’n week lank aan ’n ventilator gekoppel is, haal al sedert Sondag op haar eie asem.

Hierdie negejarige dogtertjie het glo op ’n swaai geval wat nie stewig in die grond vasgemaak was nie. Die voorval het gebeur by Korrektiewe Dienste waar sy by haar ouma, Yvonne Botha, bly.

Lathicia Trom, Zoë se ma, het verlede week, waar haar dogtertjie in die hoësorgeenheid van Gariep MediClinic lê, aan FiND iT gesê sy het nog nooit haar kind so gesien nie.

Maandagoggend het Zoë se tannie, Lauren  Nyambi, verlig aan FiND iT gesê Zoë is sedert Sondagoggend van die ventilator af. “Sy kry nou net suurstof om haar longe skoon te hou,” vertel Nyambi.

Zoë eet en gesels ook nou. “Sy wil nou net huis toe gaan. Sy huil en soek haar ouma by haar,” vertel Lauren.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief