Susan Human het ongeveer drie weke gelede haar skoonfamilie wat sonder ’n heenkome is, ingeneem .
Gesin van sewe
Die gesin van sewe wat bestaan uit twee dogtertjies (3 en 7), ’n seuntjie van 11, ’n middeljarige man en vrou, asook ’n bejaarde man en vrou, is oorspronklik van Johannesburg. Familie het hulle na bewering aangemoedig om in Ermelo te gaan woon. “Maar toe hulle daar kom, was daar niks vir hulle nie en hulle is noodgedwonge Kimberley toe,” vertel Susan.
Soek ’n tuiste vir gesin
Susan se huis is ongelukkig te klein vir ekstra sewe mense, maar sy akkommodeer hulle in tente in haar tuin. “Enigiemand wat weet van blyplek, laat weet my asseblief,” vra sy.
Het werk
Die vrou het werk gekry as ’n kassier by Spur, terwyl die man nou by ’n sekuriteitsmaatskappy werk. “Hy is ’n gekwalifiseerde boiler maker. Die oom is baie goed met sy hande, kan bou- en teëlwerk doen.” Op die oomblik gaan die bejaarde vrou, die kinders se ouma, na hulle in die middae omsien.”
Kos en klere
Susan sê as daar enigiemand is wat ’n bydra wil maak tot kos en klere, sal hulle dit geweldig baie waardeer. Die kinders is in Du Toitspan-laerskool. Die Human-gesin het vir die kinders elkeen ’n stelletjie skoolklere gekoop, maar kon ongelukkig nie meer bydra nie.
Kontak
Indien jy ’n bydrae kan maak, kontak Susan by 062 394 1268.