Swart mamba skuil in blaarwaaier

Lees ook :

Swart mamba in blaarwaaier gevind. Foto:Nick Evans Facebook

WESTVILLE, DURBAN. – ’n Swart mamba is Maandag uit ’n blaarwaaier in die Dancliffe-woonbuurt in Durban gehaal.

Volgens Nick Evans, ’n slangvanger, het ’n tuinier al vir ’n geruime tyd ’n swart slang in die tuinskuur gesien. Hy kon aanvanklik nie die slang opspoor nie, maar het na ’n tweede soektog besef die slang is in die blaarwaaier.

Hulle het die hoofpyp van die blaarwaaier met ’n skroewedraaier oopgemaak en sodoende beheer oor die slang gekry.

Die slang is 2,4 m lank en is volgens Evans effens ondergewig. Hy is in ’n veilige natuurlike omgewing vrygelaat.

Bronne: IOL, Cape Town Etc, Nick Evans Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief