Brekende Nuus
Afrikaans

Tablet met Tien Gebooie op vir meer as $5 m. verkoop

Tablet met Tien Gebooie op vir meer as $5 m. verkoop
Tablet met Tien Gebooie op vir meer as $5 m. verkoop

Lees ook: Saws waarsku oor erge reën

’n Steentablet wat een van die oudste in die wêreld is wat die Tien Gebooie op het, is gister by ’n veiling vir meer as $5 miljoen verkoop.

Sotheby’s, die veilinghuis, het gesê die tablet is omtrent 1 500 jaar oud. Die tablet weeg 115 pond en die taal is ’n vroeër weergawe van Hebreeus.

Die persoon wat die tablet gekoop het, is glo van plan om dit aan ’n Israeliese instituut te skenk.

Bronne: New York Times, CNN, X

Lees ook: Saws waarsku oor erge reën