Lees ook: Nick Frischke steeds vermis na ’n jaar
SANParke het gesê die toerismesyfers vir die 2023/24-toerismeseisoen lyk goed. Sowat 1 702 995 toeriste het die Tafelberg Nasionale Park tussen Oktober en Januarie besoek.
Daar was kommer oor veiligheid en sekuriteit in die park na misdaadverwante voorvalle, maar volgens SANParke kon die misdaadsyfers van 33 in November tot ses in Desember en Januarie afgebring word.
SANParke het gesê hulle versterk voor Paasnaweek hulle plan om besoekers te herinner aan veiligheidsmaatreëls en wat om tydens ’n voorval te doen.
Besoekers word herinner om in groepe te bly, vroeg te begin met staproetes, iemand te sê waarheen jy gaan. Hulle moet waterdigte klere aantrek en die SANParke-noodnommer op hulle foon laai voor hulle in die berg gaan stap.
Bronne: SANParks
Lees ook: Nick Frischke steeds vermis na ’n jaar





