Lees ook: Wenner van R100 m.-boerpot is van Gauteng
Die Blue Sky Distribution-maatskappy het Takealot gewaarsku hulle gaan die aanlyn handelaar krimineel laat aankla na dit glo nagemaakte produkte van die maatskappy verkoop het.
Blue Sky Distribution beweer ‘n nagemaakte weergawe van ‘n RapidLash-produk is op Takealot te koop. Hulle sê die produk word slegs deur gelisensieerde professionele mense verkoop.
Die hoof van Blue Sky Distribution, Wayne la Grange, het op Carte Blanche gesê hulle het een van die produkte op Takealot gekoop en vir toetse na Kalifornië gestuur, waar dit bevind is dit bevat hoofsaaklik water.
Volgens MyBroadband het La Grange Takealot gekontak om inligting te kry oor die nagemaakte produk, maar Takealot het net vae inligting voorsien.
La Grange het gesê hulle kon die vrou kry wat die nagemaakte produkte maak en gaan ‘n kriminele saak teen haar oopmaak. Hulle gaan Takealot ook dagvaar om te bewys hulle doen alles in hulle vermoë om seker te maak hulle verkoop nie nagemaakte produkte nie.
Bronne: My Broadband, 2 Oceans Vibe, Head Topics