Taliban sê: Mans mag vroue slaan, moet net nie bene breek nie

Lees ook :

Foto ter illustrasie

INTERNASIONAAL. – Die Taliban-regering in Afghanistan het ’n streng nuwe bevel uitgereik wat bepaal dat sodomie met die dood gestraf kan word. Die bevel laat ook toe dat mans hul vroue mag slaan, solank daar nie bene gebreek word of sigbare, blywende wonde is nie.

Volgens die CNN sê menseregte-aktiviste die nuwe reëls is “verwoestend” en sal vroue se kans op geregtigheid nog verder beperk. Die regte-aktivis Mahbouba Seraj het uit Kaboel gesê mans kry nou volle beheer oor vroue en hul woord is wet.

Die drakoniese bevel is verlede maand uitgereik, maar het eers onlangs internasionale aandag gekry nadat dit aan ‘n regtegroep uitgelek is. Dit is die eerste keer sedert die Taliban in Augustus 2021 weer aan bewind gekom het, dat sulke reëls so duidelik vasgelê is.

Volgens die Taliban is al hul besluite in lyn met Islamitiese Sharia-wetgewing. Die nuwe kode bepaal dat ’n man wat sy vrou so ernstig slaan dat sy ’n gebreekte been of oop wond het, 15 dae tronkstraf kan kry as sy ’n klag indien. Dieregevegte, soos honde- of haangevegte, kan egter met vyf maande tronkstraf gestraf word.

Aktiviste sê vroue sal waarskynlik nie geregtigheid kan kry nie, omdat hulle nie sonder ’n manlike voog die huis mag verlaat nie. Volgens Afghanistan se Sharia-wet tel ’n vrou se getuienis ook net die helfte soveel as dié van ’n man.

Sedert die Taliban se terugkeer na bewind is vroue se regte al hoe meer ingeperk. Vroue mag byna glad nie buite die huis werk nie. Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, skat dat meer as twee miljoen meisies en vroue weens die verbod nie toegang tot onderwys het nie.

Die nuwe bevel belowe ook straf oor enige kritiek teen die Taliban-leier Hibatullah Akhundzada, met 39 houe en een jaar tronkstraf. Diegene wat senior amptenare “verneder”, kan ses maande tronkstraf en 20 houe kry.

Bronne: CNN, The Telegraph

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief