KWAZULU-NATAL. – ‘n Bus met 57 insittendes het Maandag in die vroeë oggendure op die N3 naby Tugela-plaza by Ladysmith in die agterkant van ‘n vragmotor vasgery.
Talle insittendes is beseer en nog was in die wrak vasgekeer.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens het ongeveer 02:30 ‘n oproep vir hulp van die ongeluk op die N3 Tugela-pad gekry. Sewe insittendes was nog kritiek beseer in die wrak vasgekeer toe die diens die toneel verlaat het. Twee insittendes is vir verdere mediese versorging na ‘n nabygeleë fasiliteit vervoer. Meyrick sê voorts 10 insittendes het matige tot ernstige beserings opgedoen en nog vier geringe beserings.
Volgens MI7 National Group Emergency Medical Services is 17 beseerde persone, van wie vyf ernstig en die res gering beseer is, op die toneel aangetref. Dienste het saamgewerk om die beseerde persone, insluitende die vasgekeerdes, te stabiliseer.
Foto: Mi7 National Group
Foto: IPSS Medical Rescue
Foto: IPSS Medical Rescue