Talle pendelaars in taxi-ongeluk beseer

Lees ook :

Talle penderlaars in taxi-ongeluk beseer. Foto: Emer-G-Med

STANFORD HILL, KZN. – Twaalf pendelaars is Dinsdagmiddag omstreeks 15:00 beseer toe ’n minibustaxi in ’n boom op Stanford Hill vasgery het.

Emer-G-Med is na die ongelukstoneel by Umgeniweg naby Harveyweg ontbied.

Die twaalf passasiers het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle het op die toneel mediese behandeling ontvang voordat hulle na ’n hospitaal vervoer is.

In ’n tweede ongeluk het ’n vragmotor en ’n privaat ambulans, wat ook na die toneel onderweg was, gebots. Geen beserings is as gevolg van daardie ongeluk aangemeld nie.

Bronne: Paramedics, SAPS, and Fire Fighters South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief