Brekende Nuus
Afrikaans

Talle sterf in busongeluk in Hexrivierpas

Twee kinders was onder die slagoffers en is op die toneel dood verklaar.

Talle sterf in busongeluk in Hexrivierpas. Foto's: Facebook
Talle sterf in busongeluk in Hexrivierpas. Foto's: Facebook

DE DOORNS, WES-KAAP. – ’n Ongeluk tussen ’n bus en vragmotor Saterdagaand het 13 lewens geëis. Die ongeluk het op die N1 tussen Touwsrivier en De Doorns plaasgevind.

’n Voorlopige ondersoek dui aan die bus was van Zimbabwe na Robertson op pad toe die bestuurder na bewering beheer verloor het.

Triage is op die toneel uitgevoer. Twee kinders was onder die slagoffers en is op die toneel dood verklaar. Nagenoeg 50 ander passasiers het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Oorlewendes is na Worcester-hospitaal vervoer.

Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Die volgende beeldmateriaal van die ongeluk is op sosiale media gedeel: WAARSKUWING: DIE VIDEO KAN SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL.

Bronne: Priority-Care Ambulance service Western Cape Region, SA Trucker, Safe Journey Africa, Twitter