Taxi-eienaar doodgeskiet, verdagte vasgetrek

Lees ook :

Foto: Arrive Alive

GAUTENG. – ‘n Voorsitter van ‘n metertaxivereniging, asook ‘n taxi-eienaar, is Dinsdagaand in Pretoria doodgeskiet. ‘n Verdagte (30) is kort daarna in hegtenis geneem.

Lt.kol. Maveval Mosondo sê lede van die Rapid Rail-eenheid, wat by die spoorwegstasie was, het skote gehoor en na die toneel gehaas. Hulle het ‘n man opgemerk wat met ‘n vuurwapen in die rigting van die middestad hardloop. Polisielede het hom probeer voorkeer, maar hy het glo op hulle geskiet, waarop hulle teruggeskiet het. Die beseerde verdagte is in hegtenis geneem. Die vuurwapen wat vermoedelik tydens die misdaad gebruik is, is in die verdagte se besit gevind.

Masondo sê die voorlopige ondersoek het aangedui die verdagte van Inanda in KwaZulu-Natal het die taxi-eienaar geskiet. Die verdagte is onder polisiebewaking in ‘n hospitaal. Hy word vir moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla. Hy sal in die Pretoria-landdroshof verskyn wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word.

Ondersoek word gedoen om vas te stel of die verdagte nie aan nog misdade, veral taxigeweldsmisdade, gekoppel kan word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief