Taxi-operateurs wat polisie ‘konfronteer oor toestemming vir gebruik van paaie’ in hegtenis

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Drie taxi-operateurs is Donderdag in die Musina-polisiëringsgebied in hegtenis geneem nadat hulle polisiebeamptes tydens ’n teensmokkeloperasie op die N1 verkeerdelik gekonfronteer en gedreig het. Die verdagtes het glo gemeen die polisievoertuig vervoer pendelaars tussen Musina en Makhado sonder hul “toestemming”.

Volgens ’n verklaring deur polisiewoordvoerder, brig. Hlulani Mashaba, het polisiebeamptes in ’n ongemerkte voertuig naby die Sasol-vulstasie in Musina gery toe hulle deur ’n wit Toyota Corolla met wit waarskuwingsligte en plaaslike taxipatrollieplakkers voorgekeer is. Die verdagtes het die beamptes onwettig gekonfronteer, ’n vuurwapen op hulle gerig, hulle met ’n sambok gedreig en probeer om polisiëringsbevoegdhede uit te oefen wat hulle nie het nie. Die beamptes het hulself geïdentifiseer, waarna die verdagtes op die vlug probeer slaan het, maar vinnig aangekeer is.

Drie mans, tussen 32 en 49 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer die rig van ’n vuurwapen, die onwettige gebruik van wit waarskuwingsligte, crimen injuria, roekelose en nalatige bestuur en intimidasie. Tydens die inhegtenisneming is ’n 9 mm-pistool met twee magasyne en 33 lewendige rondtes, ’n sambok, ’n wit waarskuwingslig en ’n notaboek met voertuigregistrasies en beweerde afpersingsbedrae, gekonfiskeer. Daar is ook op die voertuig beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Musina-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Jan Scheepers, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê: “Geen individu of groep het die gesag om voertuie voor te keer, motoriste te intimideer of die wet toe te pas nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief