Taxibestuurder wat minderjarige verkrag uit samelewing verwyder

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Nkululeko Nkabinde (39), ‘n taxibestuurder van Nellmapius Uitbreiding 6, is deur die Pretoria-landdroshof lewenslank op twee aanklagte van verkragting van ‘n meisie (12) tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Nkabinde het die meisie op die aand van 29 November 2020 buite haar huis in Nellmapius Uitbreiding 12 ontmoet, nadat hy alkohol by haar ma gekoop het. Hy het haar met ’n belofte van R200 na sy woning gelok. By sy erf wou hy haar dwing om in sy kamer in te gaan en toe sy weier, het hy haar twee keer op die voorste sitplek van sy taxi verkrag. Daarna het hy haar by ’n brug naby haar huis afgelaai en haar gedreig om niks te sê nie.

By die huis het die meisie haar ma en vriende wat na haar gesoek het, vertel wat gebeur het. Die voorval is by die polisie aangemeld en Nkabinde is op 2 Desember 2020 in hegtenis geneem.

Nkabinde het onskuldig gepleit en beweer dat die seksuele omgang met instemming was en dat hy geglo het die slagoffer was ouer. Adv. Corrine Maria Sam, die staatsaanklaer, het egter oortuigende getuienis gelewer, insluitend die slagoffer se verklaring, sowel as die ma se bekragtiging van die gebeure. Dit is medies bewys dat die minderjarige meisie ten tyde van die voorval ‘n maagd was. Die hof het Nkabinde se weergawe as onwaarskynlik verwerp en hom op albei aanklagte van verkragting skuldig bevind.

Nkabinde het as pleitversagting voorgehou hy is ‘n broodwinner wat sy vrou en twee kinders versorg. Adv. Sam het egter betoog dat die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf toegepas moet word. Sy het aangevoer dat Nkabinde ’n ernstige daad van geslagsgebaseerde geweld teen ’n kind gepleeg het en geen berou getoon het nie. Adrian Bekker, die streeklanddros, het met die staat saamgestem en bevind dat daar geen wesenlike of dwingende omstandighede bestaan om van die voorgeskrewe lewenslange vonnis af te wyk nie.

Nkabinde se naam is ook in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders geplaas en hy ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die uitspraak verwelkom as ’n bevestiging van sy verbintenis tot die bekamping van geslagsgebaseerde geweld en die beskerming van kwesbare kinders.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief