Brekende Nuus
Afrikaans

Team SA onttrek hokkiespanne van Afrika-spele

Die besluit is geneem as gevolg van die lokaal wat nie ordentlik vir die kompetisie voorberei is nie.

Team SA onttrek hokkiespanne van African Games

fotokrediet: Canva
Team SA onttrek hokkiespanne van African Games fotokrediet: Canva

Lees ook: Sak met sensitiewe inligting oor Olimpiese Spele gesteel

ACCRA, GHANA. – Team SA het beide die mans- en vroue- hokkiespanne van die Afrika-spele onderweg na Accra, Ghana onttrek.

Die besluit is geneem as gevolg van die lokaal wat nie ordentlik voorberei is vir die kompetisie nie. Team SA het gesê hulle het advies gekry dat die veld nie op standaard is nie en kan veroorsaak dat atlete beseer word.

Die plaaslike organiseringskomitee en die Afrika-hokkiefederasie is klaar oor die besluit ingelig.

Team SA se mans- en vroue- hokkiespanne het reeds vir die Olimpiese Spele in Parys gekwalifiseer.

Bronne: Team SA

Lees ook: Sak met sensitiewe inligting oor Olimpiese Spele gesteel