Temu verkoop glo onwettige Wi-Fi- en Bluetooth-toestelle in SA

Lees ook :

Temu

Temu laat handelaars op sy platform toe om elektronika sonder die nodige regulatoriese goedkeurings van Suid-Afrikaanse owerhede te verkoop. Só berig MyBroadband nadat dié webtuiste self drie items van Temu af bestel het om te toets of die platform die verkoop van ongesertifiseerde elektronika toelaat.

MyBroadband berig die platform laat Suid-Afrikaners ook toe om elektriese toestelle met batterye of wat aan hoofstroom-elektrisiteit verbind word, te koop sonder die nodige klaring van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS).

Verkopers bied produkte met radio-ontvangers aan, soos Wi-Fi en Bluetooth-seinstafies (dongles), wat nie goedkeuring van die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) het nie.

Lees die volledige berig hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief