Temu verkoop glo onwettige Wi-Fi- en Bluetooth-toestelle in SA

Lees ook :

Temu

Temu laat handelaars op sy platform toe om elektronika sonder die nodige regulatoriese goedkeurings van Suid-Afrikaanse owerhede te verkoop. Só berig MyBroadband nadat dié webtuiste self drie items van Temu af bestel het om te toets of die platform die verkoop van ongesertifiseerde elektronika toelaat.

MyBroadband berig die platform laat Suid-Afrikaners ook toe om elektriese toestelle met batterye of wat aan hoofstroom-elektrisiteit verbind word, te koop sonder die nodige klaring van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS).

Verkopers bied produkte met radio-ontvangers aan, soos Wi-Fi en Bluetooth-seinstafies (dongles), wat nie goedkeuring van die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) het nie.

Lees die volledige berig hier.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief