Teregstelling van reeksmoordenaar misluk

Lees ook :

Teregstelling van reeksmoordenaar misluk. Foto's: SkyNews

IDAHO, VSA. – Beamptes van die departement van korrektiewe dienste in Idaho moes die teregstelling van Thomas Creech (73) gister staak nadat hulle agt keer onsuksesvol was om ’n aar te vind.

Volgens Josh Tewalt, hoof van korrektiewe dienste, moes die teregstelling na ’n uur se probeerslae gestop word. “Die mediese span kon nie die IV-lyn vestig nie,” het hy gesê.

Tewalt het in ’n verdere verklaring gesê die mediese span het ’n probleem met die kwaliteit van Creech se are gehad.

Creech is terug na sy self begelei, aangesien die doodsbevel verval het. Hy is die gevangene wat die langste op sy teregstelling in Idaho gewag het. In 1981 is hy tot die dood veroordeel nadat hy ’n medegevangene vermoor het. Hy is ook vir vier ander moorde verantwoordelik en word van ten minste twee ander verdink.

Volgens Tewalt het die departement van korrektiewe dienste nog nie ’n plan oor hoe om met Creech se saak voort te gaan nie.

Creech was die tweede gevangene wat hierdie jaar in die VSA tereggestel sou word. Kenneth Eugene Smith is verlede maand deur middel van stikstofgas tereggestel.

Bronne: SkyNews, CNN, BBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief