VRYSTAAT. – Thabo Bester is na die konstitusionele hof oor beweerde geregtelike vooroordeel ná die Vrystaat-hooggeregshof sy saak oor sy “slegte tronkomstandighede” van die rol geskrap het.
Lees ook: Thabo Bester-saak tot Julie uitgestel
Bester het gekla oor die slegte omstandighede in die tronk en het beweer hy word nie toegelaat om met sy regspan te praat nie. Nobulawo Martha Mbhele, adjunk-regterpresident van die Vrystaat, moes beslis watter hof jurisdiksie het oor Bester se aansoek dat sy reg op ‘n regverdige verhoor nie in sy strafsaak beskerm word nie. Sy het sy aansoek met koste van die hand gewys. Bester se prokureurs wil hê die saak moet in ’n kriminele hof aangehoor word.
Bester het in sy aansoek aan die konstitusionele hof gesê regter Mbhele het die “kwessies wat hy voor haar gebring het, verkeerd vertolk en die grense van haar gesag oorskry”. Bester het ook beweer die hof se “vooroordeel” teen hom het ‘n “gevaarlike presedent geskep wat geregtelike chaos kan veroorsaak”.
Bronne: The Citizen, Briefly, EWN
Lees ook: Thabo Bester-saak tot Julie uitgestel





