The Fat Greek se kos verkoop uit op eerste aand!

KIMBERLEY. – The Fat Greek is oop vir bestellings, met ‘n gespesialiseerde spyskaart elke week. The Fat Greek het gisteraand vir die eerste keer wegneemetes verkoop en ook aflewerings gedoen. Restaurante mag tydens fase 4 van die inperkingstydperk in Suid-Afrika wegneemetes doen, maar nog nie oopmaak vir die publiek...

KIMBERLEY. – The Fat Greek is oop vir bestellings, met ‘n gespesialiseerde spyskaart elke week.

The Fat Greek het gisteraand vir die eerste keer wegneemetes verkoop en ook aflewerings gedoen. Restaurante mag tydens fase 4 van die inperkingstydperk in Suid-Afrika wegneemetes doen, maar nog nie oopmaak vir die publiek nie.

Spiro Louverdis, eienaar van The Fat Greek, sê hy is heeltemal oorstelp deur die ondersteuning van Kimberley se mense. Sy advertensie is gisteraand net 17:30 op FiND iT geplaas en teen 19:00 was hy uitverkoop.

“Dis net absoluut wonderlik hoe mense bymekaar staan in die tyd. Ek is so ongelooflik dankbaar vir die mense wat ons ondersteun. Ek is jammer vir die mense wie nie kon bestel nie gisteraand nie, want ons kon net soveel maaltye voor die afsnytyd voorberei.”

Vandag kan jy weer vanaf 16:30 – 19:00 bestel.

Op die spyskaart is die volgende:

Fillet Swisse served with chips – R165

Kleftiko (650 g lamb shank) with roast potatoes and a pop’s salad – R185.

Bel 071 438 1091 om jou bestelling te plaas. Afleweringskoste is R50.

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde

Vrou sterf tydens tref-en-trap

Buurman skuldig nadat buurmeisie (13) geboorte skenk

Paar vir versekeringsbedrog en geldwassery gevonnis terwyl een in tronk is

Lotto uitslae vir 13 April 2024

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol