PRETORIA, GAUTENG. – Thys Streicher, oftewel Thys die Bosveldklong, is Woensdag in die hoësorgeenheid van die Ga-Rankuwa-staatshopsitaal in Pretoria opgeneem.
Die sanger, wat in 2019 met meervuldige sklerose gediagnoseer is, het onlangs breinvliesontsteking en nierinfeksie opgedoen. Sy simptome het koors, hartkloppings en blaasinfeksie ingesluit. Sy toestand het verder in die hospitaal weens ’n ligte beroerte verswak.
Thys se ma, Elise, sien sedert sy diagnose na hom om. Hy is al vir ’n geruime tyd in ’n rolstoel omdat sy spraak, spiere en beweeglikheid aangetas is.
Die familie vra hulp om Thys se 12-jarige seun uit die Kaap na hom te laat vlieg. Hulle het mekaar twee jaar laas gesien.
Enigiemand wat ’n bydrae wil maak, kan sy ma by 072 255 3704 kontak.
Bronne: Die Rekord, OFM





