LIMPOPO. – Innocent Mchavi (15) het Donderdag aan messteekwonde gesterf wat hom glo deur ‘n verdagte tiener (17) by ‘n sekondêre skool in die Malumula-woonbuurt toegedien is.
Volgens kol. Malesela Ledwaba dui ‘n voorlopige ondersoek aan dat ‘n geveg tydens ‘n kulturele funksie tussen die tieners uitgebreek het. Die verdagte het glo ‘n mes uitgepluk en Mchavi gesteek. Mchavi het daarna aan sy beserings by ‘n hospitaal gesterf.
Die polisie ondersoek die voorval om die motief te bepaal.
Die verdagte is in aanhouding en sal Maandag op ‘n aanklag van moord in die Malumulele-landdroshof verskyn.





