Tiener doodgeskiet, vyf in hegtenis

Lees ook :

Foto: WAAR Brandit INNIE KAAP

WES-KAAP. – ‘n Tienerseun (14) is Vrydag in 18de Laan, Norwood, Elsiesrivier, in die kop geskiet en is op die toneel dood verklaar. Terwyl die motief as bendeverwant beskou word, het die polisie verdagtes in hegtenis geneem.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die Elsiesrivier-polisiekantoor het ‘n moorddossier geregistreer. Polisiebeamptes het die tiener met die skietwonde aan sy kop op die toneel aangetref.

Inligting van die omstandighede van sy moord is met die ondersoek ontvang. Elsiesrivier-speurders, asook teen-bende-eenheidsbeamptes, het daarop vyf verdagtes in hegtenis geneem.

Hulle verskyn vandag op die aanklag van moord in die Goodwood-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief