KWAZULU-NATAL. – ’n 16-jarige seun is Maandagmiddag dood nadat ’n inwoner van die Cornubia Flats-kompleks in Cornubia glo ’n vyf liter bottel met water na hom gegooi het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing ‘n vrou het die operasionele sentrum net na 20:00 gebel en hulp gevra. Sy het aan die beampte gesê dat twee seuns deur haar venster geloer het, waarna sy uit haar huis gegaan en ‘n 5 l-plastiekbottel vol water na een van die seuns gegooi het. Die bottel het hom teen die kop getref en hy het ineengestort. Die 48-jarige vrou het verder gesê dat sy vermoed die seun is dood, maar kon dit nie bevestig nie.
Reaksiebeamptes het met aankoms die tiener se lewelose liggaam in ‘n buurman se erf aangetref. Inwoners het sy identiteit bevestig en gesê hy het ook in die kompleks gewoon. Sy ouers het kort daarna op die toneel opgedaag.
Konst. Thenjiswa Ngcobo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits Verulam-polisie het ‘n vrou oor die voorval op aanklag van moord in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting Woensdag in die Verulam-landdroshof voorkom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]






One Response
https://farmaciabesurica.shop/# farmacia online Italia