Brekende Nuus
Afrikaans

Tiener in hof ná aanval op Ian Cameron en DA-kollegas

Foto: Ashley Rix
Foto: Ashley Rix

WES-KAAP. – ’n 16-jarige minderjarige het Donderdag in die Athlone-landdroshof op ’n aanklag van poging tot roof met verswarende omstandighede voorgekom nadat Ian Cameron, Nicholas Gotsell en Lisa Schickerling, DA-parlementslede, Dinsdagmiddag in Philippi-Oos aangeval is.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê die saak is vir borgtoginligting tot 28 Augustus uitgestel. Lisolethu Klaas (18), die tiener se mede-beskuldigde, het nie in die hof verskyn nie, aangesien hy in ‘n hospitaal opgeneem is. Die saak het egter in sy afwesigheid voortgegaan. Hy is van die uitstel van die saak kennis gegee en kan verskyn sodra hy ontslaan word.

Verdere aanklagte kan moontlik bygevoeg word namate die ondersoek vorder.

Lees meer hier onder: