GAUTENG. – Jayden Louw (14) is Saterdagmiddag in ‘n plaashuis op Bapsfontein, waar hy en sy familie woon, doodgeskiet.
Lt.kol. Mavela Masondo sê ongeveer vyf verdagtes het glo die plaashuis binnegegaan en kluissleutels geëis. Die oorledene het na die kluis gehardloop om ‘n wapen uit te haal, maar is deur verdagtes oorval en in die bors geskiet.
Die verdagtes het glo daarna na twee wagtende motorvoertuie, waarmee hulle op die hoewe aangekom het, gehardloop en van die toneel gevlug.
Daar is met die tiener na die naaste mediese fasiliteit gehaas, maar hy is met aankoms dood verklaar.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en huisroof en versoek enigiemand met inligting oor die verdagtes, wat met die ondersoek kan help, om na vore te kom.
Lyall Louw, Jayden se ma, het in kommentaar van ‘n plasing op Amanda Botha se Facebook-blad soos volg reageer:
“My son was 14 years old and was shot by a handgun trying to save me!! He was a wonderful child who enjoyed life to the fullest!! His 10 year old brother was also there. I left everything and raced my son to the hospital and the community jumped in to help the police at my house. Life is cruel and unfair!!
Jayden word deur sy ma Lyall, pa Duan, boetie Damian en stiefsuster Tania oorleef.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

