Tiener se verdrinking op Kersdag ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Die Swartkops-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen na die verdrinking van Mujaid Muhammed (16) op Kersdag by Bluewaterbaai in die Swartkopsrivier, naby die N2.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die oorledene en twee vriende het omstreeks 16:00 in die rivier gaan swem. Volgens ‘n ooggetuie het Muhammed die rivier ingeswem. Toe hy nie meer gesien kon word nie, het die vriende na sy oupa gehardloop en hom oor die situasie ingelig. Alle nooddienste is ontbied, waarna polisieduikers Muhammed se liggaam gevind het.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief