Brekende Nuus
Afrikaans

Tienerseun vermis

Hy is laas gesien met ’n langbroek, ’n swart-en-oranje kappietop met oranje-en-grys Hi-Tec-tekkies.

Tienerseun vermis
Tienerseun vermis

GAUTENG. – Michael Jansen van Rensburg (15) word sedert Vrydag in die Edleen-area vermis.

Hy is laas deur sy ouers op die oggend van Vrydag die 19de November 2021 gesien toe hulle almal die huis verlaat het.

Hy het ’n langbroek, ’n swart-en-oranje kappietop met oranje-en-grys Hi-Tec-tekkies aangehad.

Enigiemand wat inligting het wat met die ondersoek sal help, word versoek om die Norkem Park-polisie by 011 391 1999 of a.o. Steyn by 082 319 9417 te kontak.

LEES OOK: Stert van pasgebore baba verwyder