Tiener verdrink in Clanwilliamdam

Lees ook :

foto: NSRI

WES-KAAP. – ‘n Tienerseun (17) het Dinsdag in die Clanwilliamdam vermis geraak. Sy liggaam is Woensdag gekry en uit die dam gehaal.

Die NSRI is Dinsdag omstreeks 12:35 deur die polisie oor die vermiste tiener ingelig. Hy het volgens inligting op ‘n reddingsbord geroei, waarna hy vermis geraak en alarm gemaak is. ‘n NSRI vrywilliger-lewensredder wat met voorseisoen-opleiding besig was, het die tiener op die reddingsbord gesien. Die polisie, nooddienste en nog lewensredders het na hom begin soek. Die watervleuel en duikeenheid van die polisie het ‘n duikoperasie geloods en Dinsdag tot sonsak na die tiener gesoek. Die operasie is Woensdag hervat, waarna polisieduikers die tiener se liggaam gevind het.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief