GAUTENG. – ‘n Tiener (14) het op 31 Julie om 06:30 buite Laerskool Fairland in ‘n voertuig geklim, waarna sy nog nie weer van gehoor of gesien is nie.
Laerskool Fairland sê in ‘n skrywe aan ouers van die skool die oomblik wat die tiener in die voertuig geklim het, is op die skool se CCTV opgeneem.
Sy is by Fairlands-polisie as vermis aangemeld. Daar word onverpoosd na haar gesoek.
Enigiemand wat weet waar die tiener haar bevind, kan die ondersoekbeampte, sers. Ndlovu, by 078 675 7225 bel.
Alternatiewelik kan die persone op die brosjure gekontak word.
*Die artikel is aangepas om die tiener se identiteit te beskerm.






