Tiener vir verkragting van jong meisie gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Tienerseun (17) van Daniëlskuil is Maandag in die Postmasburg-streekhof vir die verkragting van ‘n meisie (10) tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Sers. Molefi Shemane sê die slagoffer is op 14 Julie 2023 omstreeks 17:00 na ‘n snoepwinkel waar die beskuldigde haar oorval het. Hy het haar na ‘n blyplek geneem, waar sy verkrag is. Tydens nog ‘n voorval het hy haar met geweld na sy huis geneem en verkrag, waarna hy haar tot stilswye gedreig het. Die slagoffer het egter haar ma vertel, die polisie is ontbied en die beskuldigde is gearresteer.

Met die ondersoek van Postmasburg-GKS is die beskuldigde skuldig bevind en gevonnis.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief