Tienermeisie dood, kêrel gewond in skietery deur venster

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ’n Meisie (15) is Maandagaand in Buffelsdraai doodgeskiet, terwyl haar kêrel (27) gewond is in ‘n skietvoorval deur ‘n venster.

Reaction Unit South Africa (Rusa), sê op sosiale media die operasionele sentrum het omstreeks 23:30 ‘n oproep vir hulp ontvang. Reaksiebeamptes het hulle onmiddellik na die toneel gehaas waar die meisie se liggaam op die vloer van ’n rondawel aangetref is. Volgens inligting is haar kêrel in die rug geskiet en is na ‘n hospitaal geneem voordat nooddienste op die toneel was.

Rusa bevestig vyf 9 mm-patroondoppies is buite die huis gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief