Tienermeisie en makker op aanklag van roof vas na rylopers beroof is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Tienermeisie (16) en ‘n man (23) is in hegtenis geneem nadat rylopers Saterdag omstreeks 17:40 in die Tzaneen-omgewing beroof is.

Brig. Hlulani Mashaba sê twee vroue wat op die R71 geryloop het, het ‘n geleentheid in ‘n wit Toyota Avanza met drie mans en ‘n tienermeisie gekry. Daar is in die rigting van Bolobedu gery. Die rylopers is met ‘n vuurwapen gedreig en van onder meer geld, selfone en juwele beroof. Die verdagtes het die rylopers langs die pad gelos en weggery.

‘n Verbyganger het hulp aangebied en die polisie is in kennis gestel. ‘n Ondersoek het tot die vinnige inhegtenisneming van twee verdagtes in die area gelei. Tydens die inhegtenisneming is een van die geroofde selfone en nog nege ander selfone in die verdagte se besit gevind. Dit is deur die polisie gekonfiskeer.

Die verdagtes sal na verwagting vandag op aanklagte van roof met ‘n vuurwapen en besit van gesteelde eiendom in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

Met die ondersoek wat voortduur, word na die ander verdagtes gesoek. Enigiemand met inligting word versoek om kol. Phoyisa Zitha by 082 414 3309 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief