Tienermeisie se liggaam in vlak graf ontdek

Lees ook :

Ffoto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Meisie (16) se liggaam is Saterdag in ‘n vlak graf ontdek. Dit volg nadat ‘n man glo Donderdagaand ‘n huilery uit sy buurman se huis gehoor en hom Vrydag ‘n kruiwa sien stoot het.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die Pudimoe-polisie is Vrydag van ‘n moontlike moord in kennis gestel, nadat die huilery van ‘n vrou die vorige aand gehoor en die volgende oggend boonop ‘n kruiwa met “iets” binne-in opgemerk is. ‘n Soektog is weens die beweringe geloods, waarna die polisie en die gemeenskap op wat ‘n vlak graf blyk te wees en ‘n kruiwa en vurk daarnaas, by ‘n stroom in die Matlhako 2-woonbuurt afgekom het.

Uitgrawings is Saterdagoggend onderneem, waarna Boingotla Makaota se liggaam in ‘n kombers toegedraai, in die vlak graf ontdek is. Sy het sigbare wonde aan haar kop, dye en bene gehad. Makaota is deur haar oom uitgeken. Haar klere is by die verdagte se huis gevind, maar die soektog duur voort om hom op te spoor. Volgens Mokgwabone is ‘n man wat Vrydagoggend in die geselskap van die verdagte gesien is, toe die kruiwa gestoot is, is vir ondervraging ingeneem.

Mokgwabone het vanoggend bevestig die hoofverdagte (40) is Saterdagaand deur sy broer aan die polisie oorhandig, waarna hy gearresteer is.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief