Tienerseun (17) sterf tydens Boer en Brit-dag op Val

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – ‘n Tienerseun (17) van die Wapadrand-boeredansgroep van Pretoria het Saterdag tydens die Boer en Brit-dag op Val, glo weens ‘n elektriese skok, gesterf.

Kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die voorval het omstreeks 14:00 by die Groenvlei-spoorlyn in Val plaasgevind. Volgens voorlopige inligting was die tiener saam met ’n vriend toe hy op ’n stilstaande treinwa geklim het om binne-in te kyk. Hy het na bewering aan ’n elektriese draad geraak terwyl hy bo-op die wa was en is op die toneel dood verklaar.

Polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen en die ondersoek duur voort.

Die Boer en Brit-dag is op wat as die kleinste dorpie in die land bestempel word gehou en selfs ‘n skyngeveg van die whisky-treinvoorval is gehou. Die Wapadrand-boeredansgroep het Saterdag gesê: “Die jaarlikse Boer en Brit-fees was weer onvergeetlik! ‘n Klomp danse, heerlike kos en wonderlike mense maak dat enige klein dorpie tuis voel.”

Rita Britz, die eienaar van die Val-hotel en organiseerder van die Boer en Brit-dag, het haar medelye met die oorledene se geliefdes uitgespreek.

Foto: Wapadrand Boeredansgroep

Bronne: SAPD, Wapadrand Boeredansgroep, Val Hotel en Caxton Network News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief