LIMPOPO. – ‘n Buitelandse tiener (16) is in hegtenis geneem nadat ‘n kleuterseun (3) glo Maandag omstreeks 15:00 in die Mopani-distrik verkrag is.
Kol. Malesela Ledwaba sê die kleuter het in die bure se erf in Sasekani-woonbuurt, Ritavi-area gespeel. Hy het huis toe gegaan en vir sy ouma vertel sy broer se vriend het hom verkrag. Sy het die pa van die tienerseun genader, maar die tiener het die bewering ontken. Die voorval is by die polisie aangemeld, waarna die kleuter vir ‘n mediese ondersoek hospitaal toe geneem is.
Die tienerverdagte is Dinsdagoggend in hegtenis geneem. ‘n Proefbeampte is by die saak betrokke om ‘n verslag aan die hof te voorsien.
Die ondersoek gaan voort.





