Tienerseun in hof op aanklag van verkragting

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Tienerseun (15) het Dinsdag op ‘n aanklag van verkragting in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die tienerseun is vir verkragting aangekla, maar die ondersoek duur voort en meer klagtes gaan bygevoeg word. Die staat sal borg teenstaan en ‘n tweede verdagte sal ook op die dossier bygevoeg word.

Die tienerseun as beskuldigde het verkies om nie vir borg aansoek te doen nie. Hy is in ‘n plek van veiligheid waar hy in aanhouding sal bly totdat die saak weer op 9 April in die hof sal voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief