Tienerseun op aanklag van moord gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Seun (16) is op Nuwejaar gearresteer nadat ‘n man (29) aan ‘n steekwond in ‘n voertuig gesterf het.

Sers. Mahlomola Kareli sê beamptes is omstreeks 03:50 na ‘n klagte van ‘n moord naby ‘n kroeg in Puding Tse Rolo ontbied. Met aankoms was ‘n groot groep mense langs ‘n grys VW Polo, met ‘n OVS-registasienommer. ‘n Bloedbesmeerde man met ‘n steekwond aan die linkerkant van sy nek is binne-in die motor aangetref. Hy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.

Voorlopige ondersoek dui aan die tienerseun en die oorledene het glo ‘n argument langs die voertuig gehad, waarna die man gesteek is. Die verdagte tiener het van die toneel gevlug en is later by sy huis gearresteer.

Die tienerseun sal binnekort op aanklag van moord in die hof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief