LIMPOPO. – ‘n Tienerseun (17) is Sondag op ‘n aanklag van moord in die Tukakgomo-woonbuurt deur Burgersfort-polisiespeurders in hegtenis geneem. Twee verdagtes word nog gesoek.
Kol. Malesela Ledwaba sê die oorledene en verdagte was glo in ‘n argument toe die oorledene die verdagte met ‘n mes in die hand gesteek het. Die verdagte het glo toe sy oom en pa daarvan vertel, waarna daar na die oorledene gesoek is. Hy is glo onder meer met klippe aangerand en hy is oorlede.
Polisie en nooddienste is na die toneel ontbied, waar die oorledene dood verklaar is.
De polisie ondersoek die moord. Aangesien die verdagte minderjarig is, is maatskaplike werkers by die saak betrek.
Twee verdagtes word steeds gesoek.
Enigiemand met inligting word versoek om sers. Modiba by 076 429 8388 te bel.





