LIMPOPO. – Sewe meisies, tussen 13 en 14 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering op 10 Mei ‘n medeleerling in Bellevue, Johannesburg, aangerand het. Die verdagtes is in terme van die kinderwet in die sorg van hulle ouers vrygelaat.
Lt.kol. Mavela Masondo sê ‘n video van die voorval is op sosiale media versprei. ‘n Saak van aanranding is by ‘n plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak, waarna die verdagtes gearresteer en vrygelaat is. Hulle sal na verwagting vandag op ‘n aanklag van aanranding in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





