Lees ook: Amerikaanse hooggeregshof beslis oor TikTok, Biden sê dis Trump se besluit
VSA. – TikTok het toegang tot die toep blokkeer vir Amerikaanse gebruikers ure voor ’n nuwe wet ingestel sou word om die toep te verban.
’n Boodskap het vir Amerikaanse gebruikers op die toep verskyn wat sê ’n wet wat toegang tot TikTok verhoed, is gestel en dat Trump gesê het hy sal met hulle werk om toegang tot TikTok toe te laat.
Die toep is van die Apple en Google Store in Amerika verwyder en volgens gebruikers werk die webtuiste ook nie.
Trump het gesê hy sal TikTok “waarskynlik” na hy Maandag ingesweer word ’n 90-dag verlenging gee om die probleme uit te stryk voor dit verban word. Hy het ook gesê as hy besluit om dit te doen, sal hy dit Maandag aankondig.
Bronne: BBC, New York Times, People
Lees ook: Amerikaanse hooggeregshof beslis oor TikTok, Biden sê dis Trump se besluit





